JOIN OUR MAILING LIST

Search    

Sport

By Wittenberg Schule vorm sport 'n integrale deel van die kind se totale ontwikkeling. 'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees. Leerlinge word geleer dat sport nie net oor wen gaan nie, maar die gees waarbinne dit geskied. Een voordeel van 'n klein skool is dat elke kind die geleentheid kry om deel te neem. Die sportperiode is in die rooster ingebou en dus sluit die skool om 14:00. die volgende sportsoorte word aangebied:


Rugby:
Wittenberg Schule beskik oor 'n pragtige rugbyveld. Ons neem deel in die afdeling vir kleiner skole (onder 250 seuns) in onderskeidelik die volgende ligas: 0/11 en 0/13 en graad 1 tot 3 speel rammetjie-rugby. Vir 'n skool met so min leerlinge vaar ons besonder goed en het van ons 0/11 en 0/13 spanne selfs al die Mpumalanga-liga gewen. Baie van ons spelers het ook al aan die Grenslaerskoolspan verteenwoordig.


Netbal:
Ons beskik oor vier bane. Al die meisies speel netbal en neem entoesiasties deel in die volgende ligas: 0/8, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en oop span. Die afrigters by die spanne is gekwalifiseerde afrigters met baie ervaring. Van ons speelsters was al gekies vir die Grenslaerskoolspan asook die Hoveld-Bokkiespan.


Tennis:
Daar is 3 tennisbane by die skool. Ons ding mee teen alle skole in ons bond en bykomend ook nog teen die ander twee Duitse skole in KwaZulu-Natal. Die standaard van ons tennis is hoog en vaar ons dus baie goed in die liga. Junior leerlinge word ook reeds touwys gemaak in hierdie sport. Tennisklinieke word gedurende die jaar deur gekwalifiseerde afrigters aangebied waaraan alle kinders mag deelneem.


Krieket:
Hierdie sport word baie hoog aangeskryf in ons skool. Die krieketblad op ons rugbyveld is een van die mooistes in Mpumalanga. Pragtige nette is opgerig waarin die spelers oefen. Ons beskik oor 'n moderne boulmasjien waarmee die spelers afgerig word. Ons neem deel in die afdeling vir kleiner skole (onder 300 leerlinge) in onderskeidelik die volgende ligas: 0/11 en 0/13 en die graad 1-3 leerlinge speel mini-krieket. Van ons spanne het selfs al die Mpumalanga-liga gewen.


Atletiek:
Ons beskik oor 'n baie goeie infrastruktuur in hierdie sport. Alle kinders moet aan hierdie sport deelneem. Elke leerling word aangemoedig om op sy eie standaard te presteer. Elke jaar vind 'n Interlaer plaas en ons neem aan verskeie ander vriendskaplike byeenkomste deel waarvan die Duitse Atletiekbyeenkoms die hoogtepunt is. By al die byeenkomste poog ons om die kinders op alle vlakke en aan alle items te laat deelneem. Verskeie van ons atlete het al besondere prestasies gelewer.


Skaak:
Die graad 6 & 7 leerlinge het een periode per week skaakonderrig. Daar word van tyd tot tyd teen ander skole deelgeneem waar ons skool uitstekend presteer.


Swem:
Ons beskik oor 'n pragtige swembad waar die juniors geleer word om te swem. Jaarliks word daar 'n informele swemfees by die skool aangebied. Ons neem ook aan die swemgala, wat deur Michaelis Schule in Vryheid aangebied word, deel.

Back Back to top
 
 
Close